top of page
Blue Shapes

Somatiese Tellings -SST

Writer's picture: riversdallabriversdallab



Somatiese tellings is `n aanduiding van die hoeveelheid immuunselle teenwoordig in `n melk monster. Die die hoofrede vir verhoogde Somatiese Tellings word toegeskryf aan patogene wat die koei se uier deur die speenkanaal binnedring.


Die hoofdoel van Somatiese Tellings is om probleem mastitis koeie op te spoor vir verdere ontleding. Om kuddes te beskerm moet oordraagbare patogene wat nie reageer op behandeling en veral hoë somatiese tellings veroorsaak opgespoor word.


Koeie met hoë somatiese tellings moet gekweek word vir oordraagbare patogene en eenkant gemelk word.


Sodra massatenk somatiese lesings begin styg moet gesoek word na koeie wat die styging veroorsaak.


Somatiese tellings styg in die warm somer maande veral as die tempratuur/ humiditeits indeks baie hoog is. Die warm en vogtige toestande is gunstig vir die vermenigvuldiging van patogene. Hitte stress plaas koeie se immuniteitstelsels verder onder druk.


Die grafiek is vir die noordelike halfrond. In Suid Afrika is Desember en Januarie die maande met die hoë somatiese risiko. Veral as dit baie reën.


Koeie is heel jaar blootgestel aan patogene. Die patogene aanwesig in `n kwart(e) aan die begin van die laktasie na opdroog terapie, is die patogenene wat die koei sal hê vir die res van die laktasie. Gedurende elke laktasie word koeie veder bloodgestel aan patogene. Daarom neem koeie se gemiddelde somatiese tellings toe na elke laktasie.


Tydens kalwng is daar ook `n groter risiko vir koeie om mastitis patogene op te doen.


Groot kuddes met voerkrale het verhoogde konsentrasies patogene in en rondom die stal. Gedurende nat reênweer is koeie meer bloodgestel aan gram negatiewe patogene wat die speenkanaal binne.


Ekomilk Horizon Unlimited :


  • Ons gebruik die Ekomilk Horizon Unlimited ingevoer van Bulgarye om somatiese tellings te meet. Van 80 000 selle tot 15 Miljoen.

  • Die EHU meet ook bottervet, proteiene, vaste stowe, digtheid, konduktiwiteit en vriespunt.

  • Die EHU gebruik 35 ml melk om sy lesings te neem. Maak buise asb. 80% vol.

  • Koeie moet deeglik "ge-strip" word. Verkieslik vanaf die 5'de trek eers in die buis.

  • Die EHU laai ook die koeie se data op www.cowmonitoring.com program waar elke boer dit kan besigtig. Met grafieke vir elke koie se lesings.



  • Ons is ingerig om melkboere by te staan as somatiese tellings in `n kudde handuit ruk.

  • Ons lewer vinnige resultate en vir +/- 500 koeie kan `n melkboer reeds die volgende dag resultate verwag.

  • Die EHU is outomaties en ndien nodig kan ons kweekings en somaties gelyktydig doen.


Alhoewel `n kudde se Somaties nie oornag reggestel kan word nie maak ons laboratorium diens dit moontlik om vinnig en proaktief te kan besluit oor die beste bestuurs opsies vir elke kudde.


Kontak ons gerus.


Groete


Riversdal LAB






Comments


  • Whatsapp
  • Facebook
  • Instagram
bottom of page