Wat is die belangrikste rede hoekom geweek moet word ?
Om oordraagbare patogene soos Staph aureus en Strep Agalactiae te identifiseer.
As die persentasie koeie met veral Staph aureus in `n kudde te hoog raak kan dit ly tot `n uitbarsting en massatenk somatiese tellings kan nie onder beheer gehou word nie.
Daar is te veel Staph aureus koeie om te behandel.
Behandeling vir Staph aureus is baie oneffektief
Kan `n kudde lam lê en ly daartoe dat groot getalle koeie moet geslag word.
Kan jare neem om `n kudde te herstel en somaties weer laag te kry.
Wanneer is dit nodig om te kweek en patogene te identifiseer ?
Ideaal om ten minste 1 keer per jaar te kweek. (Veral as die kudde groot is.)
Kleiner kuddes kan indien nodig 2 keer per jaar kweek.
Voor opdroog vir keuse van beste opdroogmiddel. (Of om selektief op te droog.)
Na opdroog om die effektiwiteit van die opdroogmiddel te bepaal . Die patogeen wat gekweek word na opdroog sal die patogeen wees wat die koei sal hê vir die res van die laktasie.
Hoekom moet kuddes gekweek word ?
Om die hoof oordraagbare patogene (Staph aureus / Strep agalactiae) te identifiseer.
Die bestuur / behandeling van die oordraagbare patogene moontlik te maak.
Die kudde te beskerm deur die verspreiding van oordraagbare patogene te bekamp.
Om `n idee te kry of besmetting van `n gram positiewe of negatiewe oorsprong is.
Om rekord te hou van die status van elke koei vir effektiiewe bestuur van patogene.
Vir die keuse van opdroogmiddels.
Vir die opstel van `n antibiogram vir die korrekte keuse van antibiotika.
Koste van kweeking i.v.m verliese ?
Die koste om `n medium tot groot kudde te ontleed word maklik regeverdig as gekyk word na al die moontlike verliese wat gepaard gaan met mastitis.
Verlaagde produksie van koeie met mastitis.
Verliese aan inkomste (laer melkpryse) a.g.v hoë somatiese tellings.
Verlaagde dragtiheid persentasies.
Die verlies aan produksie en die koste om matistis koeie te vervang.
Kweekings opsies :
Kweek die hele kudde en toets ook vir Somaties Tellings. Dan kan die beste besluit geneem word i.v.m koeie wat erg mastitis het veral koeie met Staph aureus. Koeie wat uitgedun of eenkant gemelk moet word kan vinnig uitgeken word.
Toets al die somatiese tellings en kweek slegs die hoë koeie sê bo 1 miljoen selle.
Doen slegs die kweekings om patogene te identifiseer.
Kweek groepe koeie wat opgedroog moet word of weer in melk is.
Kweek van koeie wat van `n ander boer aangekoop is.
Kweek van massatenk monsters.
Beste kweeking strategie :
Melk koeie met Staph aureus laaste.
Spoor koeie met Staph aureus vroegtydig op (Aan begin van laktasie)
Kweek ten minste 1 keer per jaar.
Moenie met teel met Staph aureus besmette koeie.
Slag Staph aureus koeie veral die met hoë somatiese tellings.
Comments