top of page

Riversdal LAB
Matitis ly tot groot verliese aan melk produksie asook verlaagde melk pryse as gevolg van hoë somatiese en bakterieë tellings. M.b.v vroë deteksie van probleem koeie met oordraaglike patogene gepaard met goeie bestuur van die omgewing kan mastitis verliese onder beheer gehou word.
_edited_edited_edited.png)
MASTITIS BEHEER

MASTITIS BEHEER
Wen die stryd teen patogene
Mastitis kan slegs veroorsaak word deur patogene wat die speenkanaal binnedring. Die patogene kom natuurlik op die koei en in die omgewing voor.
Oordraagbare patogene soos Staph aureus & Strep agalactiae moet geiidentifiseer word. Veral Staph aureus wat nie reageer op behandeling.
Identifiseer Mastitis Koeie
Probleem diere word geselekteer vir kweeking deur na `n aantal faktore te kyk. Somatiese toetse of CMT toets gee `n aanduiding van kwart(e) wat nie gesond is .Hoë bulk tenk somatiese lesings dui op `n toename in mastitis gevalle
D.m.v kweeking kan bepaal word in watter mate die mastitis in `n kudde gram positief of gram negatief van aard is. Dit is die eerste stap in die identifikasie proses na patogene gekweek is.
Die kweeking van patogene in `n kudde maak effektiewe bestuur moontlik. Die bestuur van oordraagbare patogene soos Staph aureus maak dit moontlik om die gesonde koeie te beskerm. Sonder om te kweek het die gevaarlike patogene vrye teels.
Patogene wat gekweek word van `n spesifieke koei na opgedroog, wat weer begin melk word sal die patogeen wees wat die koei sal hê vir die res van die laktasie. Meeste koeie met Staph aureus sal steeds die patoeen hê selfs na opdroog terapie.
Dit is dan belangrik om alle koeie wat nog nie positief getoets het vir Staph aureus te kweek om nuwe gevalle te identifiseer. Alle Staph aurreus koeie moet laaste gemelk word. Dit is belangrik om die verspreiding te keer en al manier om de kudde te beskerm.
Blog Plasing - Mastitis Behandeling
GRAM POSITIEF vs NEGATIEF
Gram positiewe organismes kom natuurlik op die diere voor. Meeste kom op spesifieke plekke op die gasheer voor. Nie almal is oordraaglik en veroorsaak hoë somaties Patogene soos Staph aureus & epidermis kom natuurlik voor op koeie se vel. Die patogene kan ook lank in die omgewing oorleef.
Gram negatiewe orgaismes kom natuurlik op die omgewing voor. Die patogene kom hoofsaaklik vanaf mis. Hulle is volop in grond, water, kampe in en om die melkstal. E. coli en Klabsiella en kolivorme organismes veroorsaak ook mastitis. Stal higiëne en skoon en droë uiers is belangriik om die organismes te bekamp.
Ons gebruik `n gram stain om tussen gram + of - onderskei. Gram negatiewe organismes groei ook op bloed agar. Macconkey agar word ook gebruik omdat dit meeste gram positiewe organismes inhibeer.
Steriele Buise vir Kweeking :
Vir Somatiese Tellings kan kliënte hul eie buise gebruik. Ons verskaf ook buise teen geen ekstra koste. Kliënte se buise word skoongemaak en weer terug besorg.
NB : Ons het voorraad van die buise so dit is nie nodig om dit aanlyn te koop nie.
KWEEKING & IDENTIFIKASIE
KWEEKING
Mirobiologiese Tegnieke
.jpg)
Melk word uitgeplaat op bloed agar en dan 24 - 48 uur in die broeioond gesit. Sodra die patogene genoeg gegroei het word dit met `n reeks mikrobiolgiese toetse ontleed.
Klem word gelê op die identifikasie van Staph aureus en Strep agalactiae. Staphylococci of NAS (Non aureus) en CoNS (coagulase negative Staph) is vollop en word meeste gekweek gevolg deur Streptococci.
Meer klem word gelê op gram positiewe organismes om rede hulle moontlik oordraaglik is.
Gram negatiewe patogene word maklik van positief onderskei m.b.v `n gram stain toets, MacConkey agar en m.b.v `n mikroskoop om cocci van bacilli te onderskei.
Media soos MSA agar(selektief & diffrensiaal) help wanneer groot getalle monsters getoets word. Om Staph aureus van gewone (NAS) Staphylococci te onderskei en ook van Streptococci asook gram negatiewe organismes.
ANTIBIOGRAM
Die Antibiopgram word op die Staph aureus patogeen gedoen om die beste antibiotika te identifiseer vir die aurues bakteriosien in elke kudde. Dit is veral belangrik vir die keuse van opdroogmiddel wat gebruik word. Ander patogene soos Strep agilactiae reageer ook positief middels wat vir Staph aureus gebruik word.
Hele kudde (Kombers) droëkoeiterapie, die infusie van alle kwarte van alle koeie met langwerkende antibiotika na die laaste melk van die laktasie, is 'n fundamentele komponent van goeie mastitisbeheer.
bottom of page