top of page

Riversdal LAB
Volle mikro toetse op melk. Somatiese tellings, Melk Aantekeninge & Bakterieë Tellings. Toets vir remstowwe en antibiotika in melk.
_edited_edited_edited.png)
MELK MIKRO & SOMATIES
Somatiese tellings m.b.v ons EHU Horizon Melk Scanner kan ons die SST bereken tot !5 Miljoen selle. Indien die somaties van die massatenk
vinnig styg en nie wil normaliseer. Laat ons vinnig die probleem koeie identifisser.

Somatiese Telling - SST

Die aanwesigheid van patogene in melk is die enigste rede hoekom somatiese selle in melk aanwesig is. Die somatiese telling is dus `n baie goeie aanduiding van hoe erg `n koei se uier besmet is. Dit is `n belangrike hulpmiddel om mastitis koeie in `n kudde te identifiseer vir verdere toetse of behandeling. Die somatiese telling van die massatenk is `n goeie aanduiding of daar `n toename is van koeie met mastitis.
Somatiese tellings kan wissel per dag en van dag tot dag. Tellings tussen opeenvolgende dae kan tot met 30 % wissel. Sodra koeie begin melk word styg die telling en daal dan weer tot op die laagste vlak voor die volgende melking.
NB : Wat meeste van belang is om die koeie met baie hoë somaties op te kan opspoor. M.b.v die Ekomilk Scann kan ons tot 15 miljoen selle toets.

Somatiese Selle :
Somatiese selle is immuun selle wat deur bloed afskei word sodra daar infeksie deur bakterieë in die ligaam opgespoor word. Hulle bestaan uit Neutrophils, Macrophages, Monocytes, Leukocytes en T Cells. Hulle speel dus `n baie belangrike rol in die koeie se uier. Hoe meer somatiese selle te bespeur in melk hoe laer is die kwaliteit. Die fotos bo illustreer hoe hulle onder die mikroskoop lyk.

Blog Plasing - Mastitis Behandeling

Ekomilk Horizon Somatic Scanner
Die Ekomilk Scanner wat ons gebruik is ingevoer vanuit Bulgarye. Dit is baie betroubaar en kan tot 15 Miljoen somatiese selle meet.
Die melk word met `n oppervlakte seep (EkoPrim) gemeng en dan word viskositeit (vloeibaarheid) van die melk om deur `n kapilere opening te vloei teen die tyd gemeet. Hoe langer dit vloei hoe hoer is die telling.
Min. Melk Monster : 35 ml

Melk Aantekeninge :
Met die Ekomilk Scan word melk aantekeninge ook gemeet. Bottervet, Proteiene, Vaste Stowwe, Vriespunt, Digtheid en Konduktiwiteit.
Resultate word deur ons op die www.cowmonitoring.com webtuiste gelaai. Elke boer kan dan uitslae van elke koei aanlyn monitor.
Elke boer kry per epos `n Excel Spreadsheet van die kudde se ontleding.
Steriele Buise vir Kweeking :
Vir Somatiese Tellings kan kliënte hul eie buise gebruik. Ons verskaf ook buise teen geen ekstra koste. Kliënte se buise word skoongemaak en weer terug besorg.
​
NB : Ons het voorraad van die buise so dit is nie nodig om dit aanlyn te koop nie.
Bakterieë Tellings

Hoë bakterieë tellings dui op probleme met of die koeie, melkmasjien, melktenk, geyser, skoonmaak middels of die stalwater. Monsters se bakterieë tellings word geneem om die probleem area op spoor. Dit is ook seisoenaal en gaa gepaard met hoë temprature en reën in die somer maande. Bakteriële afkeiding van patogene speel ook `n rol.
_edited.png)
Remstowwe / Antibiotika
Toetse om antibiotikas op te spoor in melk van behandelde koeie per abuis gemelk is of remstowwe van tenke wat nie uitgespoel is.
bottom of page